Die VLV Kookboek

R395.00

Die VLVkookboek bevat ‘n versameling flatervrye resepte deur die lede van die VroueLandbouvereniging van Kaapland ter viering van hul 90ste bestaansjaar. Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toegedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier om maar net enkeles te noem. As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpadgetoetste resepte in die Nougedeelte waar die mikrogolf ingespan word, soos ‘n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met ‘n appellaag en eiervrugslaai. ‘n Onontbeerlike resepteboek deur ma’s en vroue vir vroue van alle ouderdomme.

Description

SUBTITEL: VroueLandbouvereniging van Kaapland Kookboek: Resepte van toe en nou

FORMAAT: Hardeband Boek

AANTAL BLADSYE: 240

OPSOMMING: Die VLVkookboek bevat ‘n versameling flatervrye resepte deur die lede van die VroueLandbouvereniging van Kaapland ter viering van hul 90ste bestaansjaar. Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toegedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier om maar net enkeles te noem. As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpadgetoetste resepte in die Nougedeelte waar die mikrogolf ingespan word, soos ‘n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met ‘n appellaag en eiervrugslaai. ‘n Onontbeerlike resepteboek deur ma’s en vroue vir vroue van alle ouderdomme.

SKRYWER: Die VroueLandbouvereniging van Kaapland is ‘n nieregerende organisasie wat op 15 Oktober 1929 in Franschhoek in die lewe geroep is met die doel om persoonlike groei te bevorder en gemeenskapsdiens te verrig.