Die tint van ons toekoms

R270.00

Die Psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die Psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg. Lees dit en maak hierdie woorde jou eie in jou gesprekke met God.

SKU: 9780639607603 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Padlangse gesprekke oor Psalms

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 256

OPSOMMING: Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg.

Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink.

SKRYWER: Prof. Johan Cilliers het sy teologiese opleiding by Stellenbosch en die Ruprecht Karl Universiteit in Heidelberg, Duitsland ontvang. Hy was predikant by twee gemeentes (in Durban en Stellenbosch) en is ’n afgetrede professor van Homiletiek en Liturgie by die teologiese fakulteit van die Universiteit Stellenbosch. Hy is die skrywer