Die net is gebreek

R250.00

Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende en verloor die moed om aan te hou leef. Christene het egter die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek is: Met die sterwe van Jesus het almal toegang tot God gekry.

Hierdie boek sal jou bewus laat word van die net wat jou nog gevange hou, en jou oortuig van die net wat gebreek is sodat jy tot God kan nader.

SKU: 9781776351251 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Gebed, die weg na vrede en vervulling

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 180

OPSOMMING: Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe.

In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader.

Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie. Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe.

SKRYWER: As dosent in Afrikaans en Nederlands, het Chris van der Merwe in byna elke faset van taal- en letterkunde klas gegee, waaronder kursusse in Afrikaanse drama en prosa, asook literêre teorie. Hy het talle artikels in Afrikaans, Engels en Nederlands geskryf en was die skrywer, medeskrywer of redakteur van sewentien boeke. Sy navorsing het oor die jare veral gehandel oor sosiopolitieke kwessies en die ekspressie van moraliteit en waarheid in die letterkunde. Sedert die 1990’s het hy in sy navorsing veral begin fokus op tipiese kwessies in ’n postapartheid-Suid-Afrika – kwessies soos identiteit, trauma, skuld, vrees en vergifnis in ’n samelewing in oorgang.

Met sy aftrede as professor in Afrikaans en Nederlands aan die einde van 2009 het die Universiteit van Kaapstad emeritusstatus aan hom toegeken.