Description
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 160
OPSOMMING: “Die Hans Andersen van SuidAfrika” – dit is die erenaam wat Helena Lochner in Noorweë gekry het.
Hierdie beroemde skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede, maar haar werk bly steeds gewild.
Die keur van haar mooiste verhale wat hier byeengebring is, sluit die bekendstes in soos “Ou Tante Langtand”, “Die Pratende Pot” en “Die Boomprinses”.
Die bundel bevat nuwe illustrasies om ’n jong geslag Afrikaanse kinders te bekoor.
SKRYWER: Toby Newsome is ‘n bekroonde illustreerder gebore en woonagtig in Kaapstad. Hy het Grafiese Ontwerp aan CPUT studeer en spesialiseer in kinderboekillustrasies en ontwerp. Sy illustrasies in Grandma’s List deur Ghanese skrywer Portia Derry het die gesogte CABA (Children’s Africana Book Award) in 2018 verower, asook die Golden Baobabprys.