Die liefde van Christus dring my

R50.00

’n Tien-weke-Bybelstudie oor die lewe van Paulus. Min mense het die vroeë kerk so merkwaardig beïnvloed soos Paulus. In hierdie Bybelstudie sal jy Paulus – met sy onvermoeide ywer vir die uitbreiding van die evangelie – van nader leer ken deur hom op sy reise deur die Antieke Wêreld te vergesel.

Description

SUBTITEL: ‘n Tien-weke-Bybelstudie oor die lewe van Paulus

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 72

OPSOMMING: Min mense het die vroeë kerk so merkwaardig beïnvloed soos Paulus. Met sy onvermoeide ywer vir die uitbreiding van die evangelie het hy ‘n hele klompie nuwe gemeentes gestig, en uit sy pen het ‘n hele aantal sendbriewe gekom – ‘n onmisbare skat in die Bybel wat tot vandag toe vir ons leiding in ons geloof gee. Dink net hoeveel armer sou die Christelike kerk gewees het as ons Bybel nie Paulus se briewe bevat het nie!

Hierdie belangrike rol kon Paulus speel omdat hy ’n goed opgeleide teoloog was. Hy was eintlik die enigste teoloog in die vroeë kerk wat in staat was om die implikasie van Jesus se kruisdood en opstanding vir die gelowige te deurdink.

In hierdie Bybelstudie sal jy Paulus van nader leer ken deur hom op sy reise deur die Antieke Wêreld te vergesel. Mag hierdie tien studies jou inspireer om radikaal anders en met ‘n totaal nuwe gesindheid in hierdie wêreld te leef – gedring deur die liefde van Christus.

INHOUD

1. Paulus, vervolger van die kerk, word voorgekeer

2. Paulus se eerste jare as Christen

3. Paulus se eerste sendingreis

4. Paulus en die besnydenis

5. Paulus se tweede sendingreis begin

6. Filippi, die eerste gemeente op Europese bodem

7. Die gemeentes in Korinte en Efese

8. Paulus word gevange geneem

9. Paulus se reis na Rome

10. Paulus die pastor

UITGEWER: Bybel-Media

SKRYWER

Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente. Hy is getroud met Elmien, ‘n orrelis en musiekonderwyser. Hulle het drie dogters. Jaco het al verskeie Bybelstudieboeke die lig laat sien, en skryf verder veral Bybelse romans.

Additional information

Formaat

Gedrukte boeke, Elektroniese PDF