Die lewe se vuil houe

R190.00

“Jy sal nie iets doen wat jou ma sal seermaak nie, nè, Dewie?” vra sy amper pateties. Sy hart slaan ’n slag oor. “Nee, Ma. “Belowe?”

Dewie Koster leef onder sy ma se berge opgaargoed. Dit word elke dag erger. Sy koop en koop en koop. Alles pak sy in hulle woonstel. Alles. Dewie moet daarmee saamleef. Of dalk kan hy skelm van sy ma se gemors begin ontslae raak. Sy mag net nie daarvan uitvind nie. Net soos ander mense nie mag uitvind hoe hulle in daardie deurmekaar woonstel leef nie. Veral nie sy pelle nie. Ook nie Jadey Ewerts, die vreemde meisie met haar boeke en slim sêgoed en oë wat uit ’n ander wêreld na hom kyk. Niemand mag uitvind van die vuil hou wat die Lewe vir Dewie gegee het nie.

SKU: 9780637001397 Categories: , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 160

OPSOMMING: “Jy sal nie iets doen wat jou ma sal seermaak nie, nè, Dewie?” vra sy amper pateties. Sy hart slaan ’n slag oor. “Nee, Ma. “Belowe?”

Dewie Koster leef onder sy ma se berge opgaargoed. Dit word elke dag erger. Sy koop en koop en koop. Alles pak sy in hulle woonstel. Alles. Dewie moet daarmee saamleef. Of dalk kan hy skelm van sy ma se gemors begin ontslae raak. Sy mag net nie daarvan uitvind nie. Net soos ander mense nie mag uitvind hoe hulle in daardie deurmekaar woonstel leef nie. Veral nie sy pelle nie. Ook nie Jadey Ewerts, die vreemde meisie met haar boeke en slim sêgoed en oë wat uit ’n ander wêreld na hom kyk. Niemand mag uitvind van die vuil hou wat die Lewe vir Dewie gegee het nie.

SKRYWER: Trefferboeke soos Betower, BreinBliksem, Uit, Onderwêreld, Pleisters vir die dooies en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen ’n huishoudelike naam gemaak. Fanie het in Welkom grootgeword en woon deesdae in Bloemfontein. Afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders, jongmense en volwassenes, is hy ook ’n kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke Betower en Afkop was die naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en in 2019 was hy die wenner van die jeugromankompetisie met Off ers vir die vlieë.