Die kinderdief

R131.09

Die aangrypende ware verhaal van Brendon, ’n graad 8 seun, wie deur die skoolboelies betrek word by dwelms en misdaad. Die maalkolk van negatiewe gebeure en uitwerkings daarvan op Brendon, en almal in sy omgewing se lewens, word in lingo spesifieke taal boeiend geillustreer.
Noodsaaklike leesstof vir elke ouer, adolossent en onderwyser.

SKU: 9780620404426 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 195

OPSOMMING: Die Kinderdief handel oor die aangrypende ware verhaal van Brendon, ’n graad8 seun wie uit ’n alledaagse huis kom en by sy nuwe skool die teiken word van skoolboelies. Die boelies betrek hom by die misdaadwêreld van drank, dwelms en diefstal. 

Die gevolge van Brendon se keuse om sy probleme vir sy ouers geheim te hou, lei tot katastrofiese gevolge. Brendon se progressie van ‘n onskuldige seun na ‘n streetwise dwelmgebruiker word beskryf in die taal en lingo van die groep Johannesburgse tieners by wie hy betrokke was. In hierdie boek word getoon hoe die kinders eers ten volle in beheer van hulle situasie voel en hoedat hulle lewens, asook dié van hulle families, later uitmekaar val.

SKRYWER

Hendrick Bergh is ’n bekende in die stryd teen dwelms onder die jeug. Hy lewer praatjies by skole en kerke oor die gevare van dwelmmiddelmisbruik. Hy en sy vrou het ‘n geregistreerde veilige hawe vir verhoorafagtende kinders.