Die kind uit die wingerd

R325.00

Een Sondagmiddag in die herfs van 1918 kom ’n driejarige uit Vredenhoek se wingerd die Erasmusfamilie se binnekring ingestap. Niemand herken hom nie. Die kind kan self nie sê waar hy vandaan kom nie.

En dié wat weet, wil nie praat nie. So bly dit twintig jaar lank. Altyddeur smag Laurens Erasmus om te weet wie hy werklik is. Want hoe kan mens iemand wees as jy nie weet waar jy vandaan kom nie? Nie eens die buurdogter Carijn den Hagen, wat daardie eerste dag in die wingerd haar hand na hom uitgesteek het, kan hom help nie. En dan met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, verander alles. Dit gooi lewens omver. Vir sommige beteken dit die einde.

Vir ander maak dit deure oop. ’n Meesleurende verhoudingsroman met ’n digverweefde historiese intrige geskryf deur die skrywer van Somersneeu (gekortlys vir die ATKVliefdesromanprys, 2010), Debora en seuns en Debora gaan huis toe (gekortlys vir die ATKVliefdesromanprys, 2018).

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 368

OPSOMMING: Een Sondagmiddag in die herfs van 1918 kom ’n driejarige uit Vredenhoek se wingerd die Erasmusfamilie se binnekring ingestap. Niemand herken hom nie. Die kind kan self nie sê waar hy vandaan kom nie.

En dié wat weet, wil nie praat nie. So bly dit twintig jaar lank. Altyddeur smag Laurens Erasmus om te weet wie hy werklik is. Want hoe kan mens iemand wees as jy nie weet waar jy vandaan kom nie? Nie eens die buurdogter Carijn den Hagen, wat daardie eerste dag in die wingerd haar hand na hom uitgesteek het, kan hom help nie. En dan met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, verander alles. Dit gooi lewens omver. Vir sommige beteken dit die einde.

Vir ander maak dit deure oop. ’n Meesleurende verhoudingsroman met ’n digverweefde historiese intrige geskryf deur die skrywer van Somersneeu (gekortlys vir die ATKVliefdesromanprys, 2010), Debora en seuns en Debora gaan huis toe (gekortlys vir die ATKVliefdesromanprys, 2018).

SKRYWER: Helene de Kock het aan die Rand grootgeword, aan die Universiteite van Pretoria en Noordwes gestudeer, en aan verskeie konservatoria onderrig in sang ontvang. Helene het ’n PhD in skryfkuns en is ‘n lid van die SuidAfrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy skryf voltyds en woon in Pretoria. Daar het reeds talle romans uit haar pen verskyn.