Die kind se naam is Anneke

R275.00

Ses jaar ná Bloedvreemd skryf Juliana Coetzer wat hét geword van haar dogter, Anneke. In Bloedvreemd het die skrywer vertel hoe Anneke op sewejarige ouderdom ’n virus opdoen wat haar brein aantas, en geleidelik begin sy verstandelik agteruitgaan. Die werklikheid het egter nie stilgestaan nie. Ses jaar later vra mense steeds – wat het geword van julle? Is Anneke oukei?

Met ‘n skreiend eerlike stem wat voortdurend selfondersoek doen, skryf Juliana oor die verdere reis met Anneke, nou al in haar vroeg dertigs. Sy kan al hoe minder praat en verstaan, en steeds probeer sy haar onafhanklikheid behou. Sover Juliana en haar eggenoot, Fanus, daartoe in staat is, probeer hulle haar omhul in ’n wêreld met embarming en begrip. Maar elke dag (en nag) bring sy eie, eindelose uitdagings.

Aangrypende leesstof vir enigiemand wat al pyn/verlies ervaar het. Of jy ’n kind het of nie. En of jy Bloedvreemd gelees het al dan nie.

Description

SUBTITEL: Die vervolg op Bloedvreemd

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 256

OPSOMMING: Ses jaar ná Bloedvreemd skryf Juliana Coetzer wat hét geword van haar dogter, Anneke. In Bloedvreemd het die skrywer vertel hoe Anneke op sewejarige ouderdom ’n virus opdoen wat haar brein aantas, en geleidelik begin sy verstandelik agteruitgaan. Die werklikheid het egter nie stilgestaan nie. Ses jaar later vra mense steeds – wat het geword van julle? Is Anneke oukei?

Met ‘n skreiend eerlike stem wat voortdurend selfondersoek doen, skryf Juliana oor die verdere reis met Anneke, nou al in haar vroeg dertigs. Sy kan al hoe minder praat en verstaan, en steeds probeer sy haar onafhanklikheid behou. Sover Juliana en haar eggenoot, Fanus, daartoe in staat is, probeer hulle haar omhul in ’n wêreld met embarming en begrip. Maar elke dag (en nag) bring sy eie, eindelose uitdagings.

Aangrypende leesstof vir enigiemand wat al pyn/verlies ervaar het. Of jy ’n kind het of nie. En of jy Bloedvreemd gelees het al dan nie.

SKRYWER: Juliana Coetzer woon tussen die berg en die see in Vermont. Om psigoterapie te doen met mense wat deur enige ervaring getraumatiseer is, is haar beroep. Skryf is haar passie en sy lees verbete. Daar het al twee boeke uit haar pen verskyn, nl Bloedvreemd in 2015, en twee jaar later, Oorkant jou.