Die hasie van fluweel

R220.00

Die geheimenisse van die kinderkamer is wonderlik en vol towerkrag, en net speelgoed wat oud en wys en ervare is soos die hobbelperd, kan alles daarvan verstaan. Wanneer ‘n speelgoedhasie van fluweel vir die eerste keer in die kinderkamer kom woon, kyk die ander speelgoed neer op hom en word hy gespot oor sy eenvoud. Maar die hobbelperd verduidelik hoe ‘n speelding “Rêrigwaar” kan word as iemand hulle genoeg liefhet. Gou word die hasie die seuntjie se gunstelingmaat en hulle doen alles saam. En toe die seuntjie op ‘n dag baie siek raak en die hasie verlaat, vind die hasie uit wat dit werklik beteken om Rêrigwaar te wees.

Hierdie klassieke kinderverhaal oor die mag van liefde, die behoefte om iewers tuis te hoort en die teer, verbeeldingryke verhouding tussen ‘n kind en sy speelding, het vir die eerste keer in 1922 verskyn. Soos die hobbelperd, het Margery Williams verstaan hoe speelgoed en mense ” Rêrigwaar” word deur wysheid en die ervaring van liefde.

Description

SUBTITEL: ‘n Storie oor hoe speelgoed rerigwaar word

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 64

OPSOMMING: Die geheimenisse van die kinderkamer is wonderlik en vol towerkrag, en net speelgoed wat oud en wys en ervare is soos die hobbelperd, kan alles daarvan verstaan. Wanneer ‘n speelgoedhasie van fluweel vir die eerste keer in die kinderkamer kom woon, kyk die ander speelgoed neer op hom en word hy gespot oor sy eenvoud. Maar die hobbelperd verduidelik hoe ‘n speelding “Rêrigwaar” kan word as iemand hulle genoeg liefhet. Gou word die hasie die seuntjie se gunstelingmaat en hulle doen alles saam. En toe die seuntjie op ‘n dag baie siek raak en die hasie verlaat, vind die hasie uit wat dit werklik beteken om Rêrigwaar te wees.

Hierdie klassieke kinderverhaal oor die mag van liefde, die behoefte om iewers tuis te hoort en die teer, verbeeldingryke verhouding tussen ‘n kind en sy speelding, het vir die eerste keer in 1922 verskyn. Soos die hobbelperd, het Margery Williams verstaan hoe speelgoed en mense ” Rêrigwaar” word deur wysheid en die ervaring van liefde.

SKRYWER: Margery Williams (22 July 1881 – 4 September 1944) was ’n kinderboekskrywer van Britse afkoms. Haar bekendste en mees klassieke werk, The Velveteen Rabbit, het vir die eerste keer in 1922 verskyn.

Theodore Key is ‘n illustreerder en kunstenaar van Kaapstad. Sy kunswerk is gebruik in die film ?Vir Altyd? en hy het al illustrasies vir verskeie plaaslike en internasionale uitgewers gedoen. Hy het onlangs die Die legendariese Lua Verwey? reeks deur Dihanna Taute geïllustreer, wat op die kortlys is vir die M.E.Rprys vir kinderboeke in 2019.