Die Generaal

R325.00

SKU: 9780624085812 Categories: ,

Description

SUBTITEL: ”Sensitief, onthutsend, lakonies: ‘n anderster grensverhaal”‘

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 320

OPSOMMING: In die jare sewentig moet die dienspligluitenant Johan grens toe om ‘n geval van ontgroening te gaan ondersoek. Hy is glad  nie gereed daarvoor nie, want hy worstel self om van seun na man te verander te midde van persoonlike trauma, politieke ontnugtering en Die Generaal in die agtergrond, die oom wat die familie oorheers. En dan is dit nog op ‘n grens anderkant die grens, deel van ‘n geheime
operasie op die walle van die Zambesirivier. En wat is die eintlike opdrag wat hy moet uitvoer? Die Generaalis ’n onthutsende, oorrompelende en aangrypende verhaal wat die absurditeit van die Grensoorlog en die verwoestende impak daarvan op jong mans se lewens met sensitiwiteit teken.

SKRYWER
Hans Pienaar is ’n joernalis van Johannesburg wat romans, dramas en poësie in Afrikaans en Engels skryf.Vandag skryf hy gereeld
opiniestukke virBusiness DayenLitNet. Hy is ’n voormalige voorsitter van die Melville Poësiefees en het in die joernalistiek aan die
Universiteit van Pretoria gedoseer.