Description
FORMAAT: Boek
BESKRYWING: Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die Bybelleser sal help om sy kennis van en
insig in die Woord van God te verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die Bybel in
Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te
verstaan. Verder verskaf dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik moeilike woorde en
frases, en dit sluit ook kruisverwysings, karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op
dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.
Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy praktykgerigtheid: dit dra nie bloot
feitelike Bybelkennis oor nie, maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk in sy lewe
van elke dag kan word.
Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel deur ’n paneel bekende teoloë
volgens die jongste Bybeluitlegmetodes. Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy
daaglikse lewe daarvolgens te rig.