Die Bybel in fokus

R250.00

Ons glo tog in God en in die Bybel, maar wat doen ons met tekste in Levitikus wat sê ons mag nie varkvleis eet nie en dan ons homoseksuele mans moet doodmaak? Of wat van die teksvers in 1 Timoteus wat sê vroue kan net gered word deur kinders te kry?

Die Bybel in fokus is ‘n hulpmiddel om die Bybel krities maar gelowig te lees. Dit verduidelik struikelblokke in die lees van die Bybel en gee hulpmiddels hoe om van die struikelblokke ontslae te raak. Dit bied ons ook vastrapplekke om te begin om opnuut God se stem uit die Bybel te hoor.

SKU: 9780796322333 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Hoe om gelowig én denkend te lees

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 288

OPSOMMING: Ons glo tog in God en in die Bybel, maar wat doen ons met tekste in Levitikus wat sê ons mag nie varkvleis eet nie en dan ons homoseksuele mans moet doodmaak? Of wat van die teksvers in 1 Timoteus wat sê vroue kan net gered word deur kinders te kry? Die Bybel in fokus is ‘n hulpmiddel om die Bybel krities maar gelowig te lees. Dit verduidelik struikelblokke in die lees van die Bybel en gee hulpmiddels hoe om van die struikelblokke ontslae te raak. Dit bied ons ook vastrapplekke om te begin om opnuut God se stem uit die Bybel te hoor.

SKRYWERS
Prof Louis Jonker het ‘n PhD van Stellenbosch Universiteit. Hy is ‘n professor in Ou en Nuwe Testament aan die Universiteit Stellenbosch. Sy boek Defining AllIsrael in Chronicles het die Andrew MurrayDesmond Tutu prys vir die beste teologiese publikasie in SuidAfrika gewen in 2018. Hy is getroud en het twee seuns en bly in Stellenbosch.
Ernst Conradie is ‘n Senior Professor in the Department van Godsdiens en Teologie by die Universiteit van die WesKaap waar hy sistematiese teologie en etiek onderrig. Hy is getroud met Marietjie Pauw, ‘n professionele musikant en het twee kinders. Hulle bly in Stellenbosch. Hy het al twee keer die Andrew Murray prys vir teologiese werke ontvang.