Description
SUBTITEL: ’n Omvattende, nuttige hulpbron wat die Bybel en sy leefwêreld vir hedendaagse gelowiges oopsluit.
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 1102
OPSOMMING: Die Bybel A-Z is ’n omvattende hulpmiddel vir élke gelowige. Dit is gerig op teoloë, Bybelstudiegroepe, Bybelstudente, tieners, ouers wat saam met hulle kinders om ’n tafel huisgodsdiens wil hou; dus vir elke gelowige wat erns maak met sy geloof en die Bybel beter wil verstaan. Dis die ideale kaart vir enige leser se ontdekkingsreis deur die Bybel, van A tot Z!
Dit sluit die volgende in:
– ’n Skrifgetroue vertelling van elke boek van die Bybel.
– Tydlyne wat perspektief bied op Bybelse inligting en hedendaagse gebeure.
– Verrykte kaarte wat plekke in die Bybel lewe gee.
– Verrykingsblokkies oor allerlei interessanthede, resente teologiese probleme, karaktersketse en agtergrond van die Bybel.
– Rubriekindekse vir maklike naslaan.
– Lyste van plante en diere in die Bybel.
– Die gang van die geskiedenis, van Adam tot by Zen-Boeddhisme.
– Vergelyking van belangrikste godsdienste in SA.
– Die literatuursoorte in die Bybel prakties verduidelik.
– Geloofswaarhede en toepassings op die lewe.
– Konkordante Bybelstudies.
– ’n Eenjaar-Bybelleesprogram en bemoedigende teksverse vir krisistye.
– Omvattende woordelys.
– Dit verduidelik waar die Bybel vandaan kom en hoe dit geskryf is
– Skakeling tussen Ou en Nuwe Testament.
OOR DIE OUTEUR
Jan van der Watt is ’n internasionaal erkende teoloog en die bekroonde skrywer, redakteur of medewerker van meer as 45 boeke en byna 150 akademiese artikels. Hy was professor en hoof van die Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap aan die Universiteit van Pretoria en het al by universiteite in Europa, die VSA, Korea en Rusland gedoseer. Tans is hy professor aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en buitengewone professor in Nuwe Testament, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom.