Die Bergrede

R145.00

Die Bergrede in Matteus 5-7 is waarskynlik die relevantste preek wat die wêreld nog gehoor het deur die grootste Leermeester van alle tye, Jesus Christus.

In Die Bergrede lei Andrie du Toit lesers in 27 hoofstukke in die dieper betekenis van Jesus se Bergrede. Hierdie vers vir vers Bybelstudie bevat ook agtergrond oor die Matteus-evangelie, verklarings van sommige Griekse woorde in die oorspronklike teks, asook diep-dink vrae vir individuele nadenke of groepbespreking aan die einde van elke hoofstuk.

Die Bergrede sal gelowiges wys hoe Jesus-volgelinge anders optree as die wêreld en hulle ʼn duideliker begrip gee van Jesus se opdragte vir die gemeensksap van die gelowiges.

SKU: 9781431624072 Categories: ,

Description

SUBTITEL: ʼn Vers vir vers Bybelstudie oor Jesus se Bergrede wat riglyne bied vir elkeen wat Hom voluit wil volg.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 236

OPSOMMMING: Die Bergrede in Matteus 5-7 is waarskynlik die relevantste preek wat die wêreld nog gehoor het deur die grootste Leermeester van alle tye, Jesus Christus.

In Die Bergrede lei Andrie du Toit lesers in 27 hoofstukke in die dieper betekenis van Jesus se Bergrede. Hierdie vers vir vers Bybelstudie bevat ook agtergrond oor die Matteus-evangelie, verklarings van sommige Griekse woorde in die oorspronklike teks, asook diep-dink vrae vir individuele nadenke of groepbespreking aan die einde van elke hoofstuk.

Die Bergrede sal gelowiges wys hoe Jesus-volgelinge anders optree as die wêreld en hulle ʼn duideliker begrip gee van Jesus se opdragte vir die gemeensksap van die gelowiges.

SKRYWER

Andrie du Toit (1931-2018) het bekend geword deur sy werk as predikant, professor in Nuwe Testament, rubriekskrywer vir “Godsdiens-Aktueel” en deur sy radiopraatjies vir “Wat sê die Bybel?”. Hy het sy doktorsgraad aan die Universiteit van Basel in Switserland behaal onder beroemde geleerdes soos Oscar Cullman en Karl Barth. As wetenskaplike is hy nasionaal en internasionaal gerespekteer. Onder die toekennings wat hy ontvang het, tel die Totiusprys en ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria. Hy het meer as 120 wetenskaplike publikasies in plaaslike en oorsese vaktydskrifte gepubliseer. Hy is in 2008 as president van die internasionale vereniging van Nuwe- Testamentici verkies – die eerste persoon van die Suidelike Halfrond wat hierdie eer te beurt geval het.