Die avonture van Speurhond Willem: Omnibus 2

R195.00

‘n Paar jaar gelede het ‘n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swartenwit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie tweede omnibus bevat nog drie lekkerleesavonture: Hulle reis na die Internasionale Ruimtestasie (ja, honde in die ruimte is nie so ongewoon nie!), New York en Namibië, en oral wag daar speurwerk.

Description

SUBTITEL: 3-in-1

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 336

OPSOMMING: ‘n Paar jaar gelede het ‘n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swartenwit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie tweede omnibus bevat nog drie lekkerleesavonture: Hulle reis na die Internasionale Ruimtestasie (ja, honde in die ruimte is nie so ongewoon nie!), New York en Namibië, en oral wag daar speurwerk.

SKRYWERS: Elizabeth Wasserman is tans ‘n patoloog in privaatpraktyk en voorheen buitengewone professor in die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie aan die US. Sy is die skrywer van o.m. die gewilde Speurhond Willem, Dogtective William, Anna Atoom, en Elf daereekse. Elizabeth woon saam met haar gesin in Welgedacht, naby Kaapstad.

Chris Venter is ‘n vryskutkunstenaar. Hy is bekend vir sy illustrasies in onder meer die Speurhond Willemreeks, Karla Krullebol, Moenie die knoppie druk nie en Die eensame krokodil. Hy is bekroon met verskeie ATKV Woordveertjies. Chris woon in Klapmuts, naby die Paarl.