Die avonture van Melino en Melady

R120.00

Dalk het jy ook al gewonder wat jy saam met jou jong kind kan doen wat leersaam en ook geestelik opbouend is.

Jy hoef nie verder te soek nie. Die Avonture van Melino en Melady bied geleenthede waartydens jy saam met jou kind God se skepping kan ontdek en veral meer kan leer oor goggas en hulle gewoontes.

Die stories sal jou kind ook leer dat alles in die lewe nie altyd volgens plan verloop nie. Deur die ogies van ’n miertjie en ’n lieweheersbesie leer jong kinders hoe om dit te hanteer as daar slegte dinge in die lewe gebeur. Hulle leer ook Byblese waarhede oor temas soos vriendskap, liefde, vergifnis en God se plan vir ons lewe.

SKU: MelinoEnMelady Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE:

OPSOMMING: Dalk het jy ook al gewonder wat jy saam met jou jong kind kan doen wat leersaam en ook geestelik opbouend is.

Jy hoef nie verder te soek nie. Die Avonture van Melino en Melady bied geleenthede waartydens jy saam met jou kind God se skepping kan ontdek en veral meer kan leer oor goggas en hulle gewoontes.

Die stories sal jou kind ook leer dat alles in die lewe nie altyd volgens plan verloop nie. Deur die ogies van ’n miertjie en ’n lieweheersbesie leer jong kinders hoe om dit te hanteer as daar slegte dinge in die lewe gebeur. Hulle leer ook Byblese waarhede oor temas soos vriendskap, liefde, vergifnis en God se plan vir ons lewe.

Elke storie het ook ’n inkleurprentjie of ander aktiwiteit wat jou kind na afloop van die voorlesing van die storie kan voltooi.

“Die 15 opwindende stories oor Melino die mier en sy lieweheersbesiemaatjie, Melady, is nommerpas vir kinders van 4 tot 8 jaar, eers vir voorlees en dan vir selflees.

Elke storie het ’n lewensles wat op ’n eenvoudige manier aan die lesertjies deurgegee word oor onderwerpe soos uniekheid, vriendskap, vertroue, omgee en vergifnis.  Die stories bevat interessante inligting oor diere, insekte en goggas en elkeen word afgesluit met ’n gebed en ‘n bypassende teksvers.

Melino en Melady sal vir die kleingoed ure se pret verskaf en hulle boonop lesse leer wat die res van hulle lewe by hulle sal bly.”

SKRYWER
Jeanette Morton en Rozanne Visagie