Die alfabet van oorvloed

Sale!

R120.00

Wanneer jy Lizette Murray se skryfwerk lees, word al jou sintuie betrek. Maar dis veral jou hart wat sy aanraak.

Met haar diep insig in ons menseverhoudings, en haar deurwinterde wysheid as ma en ouma, neem sy jou op ’n reis vol liefde en skoonheid. ’n Reis van saamwees, familie-dinge.

Lizette weet hoe om fyn waar te neem, en dan keurig haar woorde te kies om dinge te beskryf waarmee ons ons maklik kan vereenselwig. Sy skryf onopgesmuk en met ’n teerheid wat jou oopmaak vir die gedagtes wat sy deel.

Skink ’n koppie tee, en lees rustig Lizette se vertellings in hierdie boek. Laat die gloed van God se teenwoordigheid wat in elke vertelling deursyfer jou baai in sy liefdesoorvloed.

Description

SUBTITEL: Oor eenvoud, gasvryheid en lag

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 124

OPSOMMING: Wanneer jy Lizette Murray se skryfwerk lees, word al jou sintuie betrek. Maar dis veral jou hart wat sy aanraak.

Met haar diep insig in ons menseverhoudings, en haar deurwinterde wysheid as ma en ouma, neem sy jou op ’n reis vol liefde en skoonheid. ’n Reis van saamwees, familie-dinge.

Lizette weet hoe om fyn waar te neem, en dan keurig haar woorde te kies om dinge te beskryf waarmee ons ons maklik kan vereenselwig. Sy skryf onopgesmuk en met ’n teerheid wat jou oopmaak vir die gedagtes wat sy deel.

Skink ’n koppie tee, en lees rustig Lizette se vertellings in hierdie boek. Laat die gloed van God se teenwoordigheid wat in elke vertelling deursyfer jou baai in sy liefdesoorvloed.

SKRYWER: Lizette Murray, geliefde skrywer, ma en ouma, se werk vloei uit haar verhoudings met haar geliefdes, vriende en kosbare mense wat oor haar pad kom. Sy skuif maklik haar skryfwerk opsy om met ’n kleinkind te speel of te luister na wat ’n kind op die hart het.