Die A,B,C van Suid-Afrikaanse baanbrekervroue

R250.00

Met elke letter van die alfabet vereer hierdie boek die bydrae van vroue tot Suid-Afrika se verlede, hede en toekoms. Met behulp van kort, maklik leesbare biografieë en illustrasies, wat so helder en vol vernuf is soos die vroue wat dit uitbeeld, deel hierdie boek die lewensverhale van 26 Suid-Afrikaanse rebelle, kunstenaars, moeilikheidmakers, atlete, dansende divas en vryheidsvegters.

Van Fatima Meer na Caster Semenya, Cissie Gool na Thuli Madonsela, is hierdie ʼn boek oor vroue wat te veel vrae vra, wat onreg teenkant, en wat weier om hul plek te ken. Dit is ʼn viering van die moed, vasberadenheid en deernis van die aktiviste, wetenskaplikes en storievertellers wat ons vooruit gegaan het. Die boek erken ook die alledaagse heldhaftigheid van gewone Suid-Afrikaanse vroue wat buitengewone dinge doen.

SKU: 9780799396980 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 64

OPSOMMING: Met elke letter van die alfabet vereer hierdie boek die bydrae van vroue tot Suid-Afrika se verlede, hede en toekoms. Met behulp van kort, maklik leesbare biografieë en illustrasies, wat so helder en vol vernuf is soos die vroue wat dit uitbeeld, deel hierdie boek die lewensverhale van 26 Suid-Afrikaanse rebelle, kunstenaars, moeilikheidmakers, atlete, dansende divas en vryheidsvegters.

Van Fatima Meer na Caster Semenya, Cissie Gool na Thuli Madonsela, is hierdie ʼn boek oor vroue wat te veel vrae vra, wat onreg teenkant, en wat weier om hul plek te ken. Dit is ʼn viering van die moed, vasberadenheid en deernis van die aktiviste, wetenskaplikes en storievertellers wat ons vooruit gegaan het. Die boek erken ook die alledaagse heldhaftigheid van gewone Suid-Afrikaanse vroue wat buitengewone dinge doen.

SKRYWER: Ambre Nicolson is ʼn skrywer en redakteur woonagtig in Kaapstad. Voor en na die verwerwing van grade in Engels en joernalistiek aan die Rhodes-universiteit, was sy ʼn skoonmaker in Londen, ʼn muurskilder in Barcelona, ʼn taalstudent in Sjanghai, ʼn boeknavorser in New York, onderwyser in Taipei en ʼn tydskrifredakteur in Kaapstad. Sy is ook ʼn redakteur van die storievertelling-publikasie, Molo.

Facebook-profiel: https://www.facebook.com/ambre.nicolson
Website: http://ambrenicolson.com/
Twitter-rekening: @AmbreNicolson Instagram-rekening: @ambrenicolson