Description
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 240
OPSOMMING: Nina Smit help elke vrou om opnuut te ontdek wie die God is wat ‘n verhouding met jou begeer, hoe kosbaar jy as vrou vir Hom is en wat jou roeping en identiteit in Hom moet wees. Sy help jou om woestyntye te oorleef en ons kry ‘n voorsmakie vir hoe sy dink die lewe na die dood gaan wees. Soos net Nina kan.
MEER OOR DIE SKRYWER
Nina Smit is een van Suid-Afrika se bekendste en gewildste skrywers. Hierdie bekroonde skrywer is veral bekend vir haar inspirerende boeke vir vroue, maar het ook talle gesogte boeke vir kinders geskryf. Nina woon saam met haar man, Johan Smit, in Somerset-Wes. Die egpaar het drie volwasse kinders en vyf kleinkinders.