Description
SUBTITEL: Die heerskappy behoort aan God
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 104
OPSOMMING: Wie ken nie die verhale van Daniël en sy drie vriende, van die brandende oond, die enorme standbeeld en die leeukuil nie? En wie kan die geheimsinnige skrif teen die muur vergeet?
Die boek Daniël is egter nie net vol onvergeetlike heldedade nie. Dit is geskryf om gelowiges aan te spoor om in moeilike tye op God te bly hoop. Daarom vleg daar een element soos ’n goue draad deur al hierdie verhale: Daniël en sy drie vriende se onwrikbare vertroue op God.
Ons leef in ’n tyd waarin dit nie meer in is om te staan by wat jy glo nie en om kompromieë aan te gaan. Wanneer jy die boek Daniël lees, besef jy egter: Geen kompromieë met die wêreld is vir gelowiges moontlik nie. Dit is ook nie nodig nie, want die God van Daniël is vandag steeds in beheer van die lewe van dié wat in alle omstandighede aan Hom getrou bly.
INHOUD
Voorwoord
1. Ook in die klein dingetjies getrou – Daniël 1
2. Hoe reageer jy in ’n krisis? – Daniël 2:1-25
3. Die toekoms – Daniël 2:25-49
4. Selfs as God nie ingryp nie … – Daniël 3
5. Hoogmoed en diensbaarheid – Daniël 4
6. Die skrif aan die muur – Daniël 5
7. Daniël in die leeukuil – Daniël 6
8. Vier diere wat uit die see uit opkom – Daniël 7
9. God se openbaring en ons reaksie – Daniël 9
10. Oor engele – Daniël 10
11. Die opstanding – Daniël 12
Riglyne vir die groepleier
SKRYWER
Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente. Hy is getroud met Elmien, ’n orrelis en musiekonderwyser. Hulle het drie dogters. Jaco het al verskeie Bybelstudieboeke die lig laat sien, en skryf verder veral Bybelse romans.