Description
SUBTITEL: Die sleutel tot die verstaan van jou geloof
FORMAAT: Boek
BLADSYE: 204
OPSOMMING: Christus en die kruis verken die allerbelangrikste saak waarmee enige mens gekonfronteer kan word, naamlik by Wie die redding, die verlossing en die saligheid te vinde is. Te midde van talle stemme wat in die teendeel mag opklink, bly die eenvoudige Skrifboodskap onwrikbaar staan, naamlik dat elke mens slegs by Jesus Christus verlossing, redding en saligheid kan vind. In Christus en die kruis lei die skrywer die leser op hierdie verlossingspad na die ewige lewe, sodat elke gelowige duidelikheid, rustigheid en sekerheid kan hê. Hierdie verlossingspad sal die blydskap bring te midde van wisselende lewensomstandighede, die innerlike gemoedsrus wanneer bekommernisse in gebede omskep word en die bevryding van allerlei knellende en belemmerende aardse bande.
INHOUD
· ’n Woord vooraf
· Ons kerklik-godsdienstige omgewing
· Christus, en Christus alleen
· Die kruis van Christus as sentrale boodskap
· Were you there when they crucified the Lord?
· In ons plek; ter wille van ons
· Genade onbeskryflik groot
· God se liefde aan die kruis gedemonstreer
· Die derde dag ná Golgota
· Die fees van die kruisgebeure
· “Ek is die opstanding en die lewe”
· Metaforiese verwysings na Christus se kruisdood
· Deur die geloof alleen!
· Bekeer julle!”
· “Wees heilig, want Ek is heilig”
· “Dit doen die Here wat die Gees is”
· “Daar is die Lam van God!”
· Bronnelys
UITGEWER: Bybel-Media
SKRYWER
Flip van der Watt, is ’n emeritus-professor in teologie. Hy was nege jaar in die bediening in voor hy by die Universiteite van Stellenbosch (1970-1974) en Pretoria (1975-2008) kerkgeskiedenis gedoseer het. By UP was hy ook studenteleraar. Verskeie publikasies het uit sy pen verskyn waarvan een met die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Totius-prys beloon is.