Christelike Kernensiklopedie

R250.00

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum.

Description

FLORMAAT: Boek

BLADSYE: 1 248 volkleur bladsye

OPSOMMING: Die Christelike Kernensiklopedie bestryk etlike terreine: die Ou en ook die Nuwe Testament se boeke, plekke en persone; dit verklaar ook talle Bybelse en kerklike begrippe en leerstellings. Dit bespreek verskillende fasette van ‘n Christelike leefstyl, kernmomente in die breë en Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis en prominente figure wat ‘n positiewe (of soms negatiewe) impak op die Christelike godsdiens het en gehad het.

INHOUD

In die Kernensiklopedie is 3 250 inskrywings en ‘n verdere 841 trefwoorde vir verwysing, afgesien van die kruisverwysings na ander inskrywings. Daar is probeer om reg aan al die denominasies en oortuigings te laat geskied. Talle van die stories en gebeure word nou vir die eerste in Afrikaans vertel.

SKRYWERS

  • Frits Gaum
  • Allan Boesak
  • Willie Botha