Description
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 72
OPSOMMING: Hallo Liefsteling!
Ontmoet vir Mieliepit: ’n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. ’n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang. Soos alle broers en susters baklei hulle soms lelik, en oos alle kinders vertel hulle soms nie heeltemal die waarheid nie. Gelukkig is Mieliepit altyd daar om hulle te help.
Elke storie bevat ’n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel as ’n Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en ’n gebed wat die leser kan bid. Party storiebriewe het selfs aktiwiteite vir die lesers om te doen.
Hierdie eerste kinderboek uit LUCA se stal is uit die pen van geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen, en is pragtig geïllustreer deur Megan Bird.
SKRYWER: Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies en ’n M.E.R.-prys ingepalm. Sy verhale Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en Offers vir die vlieë wen 2019 se kompetisie.