Description
AANTAL BLADSYE: 304
FORMAAT: Boek, sagteband
OPSOMMING: Bloedbroers. ‘n Vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese pseudo-operasies. Carlos Viyera, die veteraan met ‘n duister, gewelddadige verlede. Tex Texeira, sy talentvolle protégé. En toe is die oorlog verby. Of is dit? Hoekom, na jare van donker geheime, het Carlos nou die grens oorgesteek as renosterstroper in Mosambiek? Die gevreesde, onaantasbare Kalingono, dood verklaar na ‘n duister
operasie … nou moordend terug? Militêre Inligting soek antwoorde. En Tex Texeira is die enigste operateur wat dit naby hom kan waag.
As hy die skietdood van sy eie vrou kan verwerk. En die gevoel van ‘n lokval wat hy net nie kan afskud nie …
SKRYWER
Jaco Wolmarans is ‘n vryskutvideovervaardiger, fotograaf en kopieskrywer. Hy woon in Milnerton.