Borg: 1 Studiegids

R35.31

Met hierdie borgskap maak jy dit vir Bybel-Media se gevangenisbediening moontlik om ’n studiegids aan ʼn gevangene te voorsien.

1 gids = R35

** Om jou te bedank vir jou borgskap, stuur ons per e-pos vir jou ʼn dankiesê-sertifikaat.

SKU: Borg1Boek Category:

Description

Met hierdie borgskap maak jy dit vir Bybel-Media se gevangenisbediening moontlik om ’n studiegids aan ʼn gevangene te voorsien.

Bybel-Media is bevoorreg om deur ons gevangenisbediening by opheffingswerk in tronke betrokke te wees. Ons bedien tans 223 tronke met ongeveer 160 000 gevangenes. Ons versprei jaarliks 10 000 studiegidse.

Elke maand ontvang ons kursustoetse van oor die hele land terug. Dit word nagesien en ons reik dan sertifikate uit. Ons opgeleide beraders beantwoord maandeliks meer as 1 000 navrae, toetse en gebedsversoeke van gevangenes. Dit word in agt verskillende tale gedoen.

Jou donasie verseker dat ons kan voortgaan om hierdie diens gratis te lewer. So lewer ons almal ’n bydrae om aan mense hulle menswaardigheid terug te gee en hulle te lei om Jesus te ontmoet.