Boerekos met ‘n twist

R375.00

In Boerekos met ’n twist gee Annelien Pienaar ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Elkeen van dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente, vleisen nageregte én gebak en spenstreffers is deeglik getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-‘n-les” konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so ’n ongekende sosialemediasukses maak. Tussendeur help sy lesers om basiese kombuisvaardighede onder die knie te kry én sy deel nuttige raad, kortpaaie en plaasvervangers waarmee selfs groentjies vinniger, goedkoper en met meer selfvertroue vooruit sal boer in die kombuis.

As voedselwetenskaplike, kookskooleienaar, boervrou, werkende ma en blogger met haar vinger stewig op die pols van die volk weet Annelien presies wat kosmakers én eters nou nodig het: ’n kompakte 21ste eeuse Kook en geniet vir besige mense.

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 224

OPSOMMING: In Boerekos met ’n twist gee Annelien Pienaar ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Elkeen van dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente, vleisen nageregte én gebak en spenstreffers is deeglik getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-‘n-les” konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so ’n ongekende sosialemediasukses maak. Tussendeur help sy lesers om basiese kombuisvaardighede onder die knie te kry én sy deel nuttige raad, kortpaaie en plaasvervangers waarmee selfs groentjies vinniger, goedkoper en met meer selfvertroue vooruit sal boer in die kombuis.

As voedselwetenskaplike, kookskooleienaar, boervrou, werkende ma en blogger met haar vinger stewig op die pols van die volk weet Annelien presies wat kosmakers én eters nou nodig het: ’n kompakte 21ste eeuse Kook en geniet vir besige mense.

SKRYWER: Annelien Pienaar, ’n voedselwetenskaplike, en haar man, Hanru, is  pekanneutboere en eienaars van die gasteplaas BosenBerg by Skeerpoort (naby Hartbeespoort) van waar sy haar kookskool en haar trefferblog, BoereKosTwist, bedryf.