Description
SUBTITEL: Mindfulnesswenke vir ’n vreugdevolle lewe
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 272
OPSOMMING: Dit is nie noodwendig maklik om altyd bly te wees nie – Johannes de Villiers stem daarmee saam. Maar hy wys dat blydskap ’n haalbare doel is vir enigiemand.
In hierdie boek is ’n omvattende blik op lewensvreugde: Dit bevat alles van teorieë oor wat blydskap behels tot praktiese wenke om ’n blye gees te skep – van meditasie tot troeteldiere. Die skrywer se breë aanslag bied antwoorde vir elkeen, met inligting van spiritueles tot sielkundiges, en van regoor die wêreld.
Ware verhale word gebruik om sy voorstelle te staaf, soos dié van Malmesbury se mediterende gevangenes en die man wie se pad na blydskap begin het toe die Geheime Polisie hom skiet.
SKRYWER: Johannes de Villiers is tans medeeinaar van The Hot Yoga Studio op Stellenbosch. Hy skryf al jare lank beide as outeur en as joernalis, en was voorheen verbonde aan Huisgenoot en Rapport. Hy skryf ook artikels vir Die Burger, BY en Rooi Rose.