Blou Maandag

R130.00

Party Maandae is so blou, nie eens roomys kan dit beter maak nie

Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees!

Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas!

Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sy werk al so lank aan ’n liedjie vir die talentaand, maar sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees?

’n Prettige holderstebolder-avontuur vol skaterlag-humor, oor daardie dae wanneer dit voel asof alles skeefloop!

SKU: 9780799395945 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 56

OPSOMMING: Party Maandae is so blou, nie eens roomys kan dit beter maak nie

Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees!

Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas!

Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sy werk al so lank aan ’n liedjie vir die talentaand, maar sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees?

’n Prettige holderstebolder-avontuur vol skaterlag-humor, oor daardie dae wanneer dit voel asof alles skeefloop!

SKRYWER: Jaco Jacobs se naam is sinoniem met skreeusnaakse stories wat kinders se tone laat omkrul van leeslekkerte! Jaco is die skrywer van meer as 150 titels vir tieners, kinders en kleuters, en meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met talle bekronings, waaronder die Alba Bouwerprys (twee maal), die CP Hoogenhoutmedalje, die Tienie Hollowaymedalje en 26 ATKV-Kinderboektoekennings. Twee van sy boeke is reeds verfilm, en hy het onlangs ook internasionale sukses behaal met A Good Day for Climbing Trees en A Good Night for Shooting Zombies – met eersgenoemde titel wat in Brittanje vir die gesogte Carnegiemedalje benoem is. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetel-luislang. En hy hou nie regtig baie van Maandae nie …
Facebook: @JacoJacobsofficial
Webwerf: http://www.jacojacobs.co.za/jacojacobs.co.za
Twitter: @JacoZombie
Instagram: @jacozombie

ILLUSTREERDER: Karen Lilje is ’n illustreerder en ontwerper. Nadat sy vir tien jaar aan die stuur van sake by Hybrid Creative was, is sy deesdae hoof van Fire and Lion, ’n Kaapstad-gebaseerde kreatiewe agentskap. Sy het ’n honneursgraad in inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria behaal, en ’n nagraadse kwalifikasie in illustrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Karen werk in ’n verskeidenheid tradisionele media, insluitende waterverf, potlood, akrielverf, ink en collage, en sy geniet dit om handgetekende elemente met digitale media te kombineer, asook om suiwer handgemaakte illustrasies te skep. Haar werk dek ’n verskeidenheid toepassings, van prenteboeke en kommersiële projekte, tot galerystukke en private opdragte. Die afgelope vyftien jaar het sy verskeie kinderboeke geïllustreer, waaronder die bekroonde prenteboek Grom! (saam met Jaco Jacobs).