Blou Boek – God se kinders in God se wêreld (Doenboek)

R80.00

HERSIENBARE WEERGAWE

Voorheen Doenboek Blou Rondte – Graad 4 tot 6

Die reeks Kennis-kategese vervang die bekende reeks boeke wat deur die Kategese-taakspan van die Sinode ontwikkel is. Kennis-kategese is vir gemeentes wat kies om in hulle kategese bewustelik op die oordrag van inhoud (kennis) te fokus. Die volledige reeks boeke sal met verloop van drie jaar verwerk, bygewerk en vernuwe word. Die temas wat in elke boek aangeraak word, bly presies dieselfde. Die aanbieding van die ontmoetings is vereenvoudig en die Doenboek is verwerk sodat hedendaagse jongmense daarby aanklank kan vind.

Voorbeeld van Blou Graad 4-6 – Doenboek

SKU: 9781929989559 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Voorheen Doenboek Blou Rondte – Graad 4 tot 6

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 57

OPSOMMING: In die Doenboek ontdek die jongmense:

  • wie God is en wat God doen
  • wie hulle as God se kinders is en hoe hulle volgens God se wil kan leef
  • hoe hulle as God se kinders saam met ander mense kan leef
  • hoe hulle as God se kinders in God se wêreld kan leef.

Voorbeeld van Blou Graad 4-6 – Doenboek

Unieke verkoopspunte

  • Spesifiek ontwikkel vir kategese deur die Kategese-taakspan van die Sinode.
  • Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting.
  • Werkblaaie in die Leiersgids mag vir die jongmense gefotostateer word.
  • Die Doenboek vir die jongmense is aangepas met aktiwiteite wat by hulle moderne leefstyl inpas.

INHOUD

Die leiersgids bestaan uit 20 ontmoetings wat soos volg ingedeel word:

  • Afskop: Tydens hierdie ontmoeting word die kinders verwelkom en die nodige administrasie afgehandel.
  • Daar is ʼn paar ontmoetings oor God: wie God is en wat God doen:
  • God weet alles van jou
  • God is Koning oor alles en almal
  • God sorg vir ons
  • Dan is daar ʼn paar ontmoetings oor ons identiteit en leefstyl as God se kinders:
  • Keuses het gevolge
  • Welkom terug, wegloopkind
  • Ons praat met God
  • Gereed vir die nagmaal
  • Dit word gevolg deur ʼn paar ontmoetings oor God se kinders se verhouding met ander mense:
  • Wees ʼn goeie vriend
  • Help ander mense
  • Vergewe mekaar
  • Teen die einde van die jaar gee ons aandag aan God se kinders in God se wêreld:
  • Jesus, groot bo almal
  • Dis ons aarde, pas dit op
  • Wees ʼn harde werker
  • Liefde wat leef en geleef word (Kersfees)
  • Ons sê dankie
  • Deur die loop van die jaar is daar ontmoetings wat spesifiek oor die feestye van die kerklike jaar handel sodat ons voorbereid is vir hierdie wonderlike geleenthede:
  • Lydenstyd
  • Opstanding
  • Hemelvaart (en wederkoms)
  • Pinkster

Elke ontmoeting sluit af met gebedstyd.

SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad