Bloedfamilie

Sale!

Sale (Save 30%)

R30.00 R20.87

Agt groepstudies oor die huisgesin van God. Christene is deel van die geloofsgemeenskap van God.

SKU: 0864873832 Category:

Description

SUBTITEL: Onvoorbereide studie vir groepe oon die huisgesin van God

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 64

OPSOMMING: Die bloed van Christus maak die band tussen gelowiges baie spesiaal. Hulle is bloedfamilie. Daarom moet hierdie band steeds verinnig en versterk word – soos lede van ‘n goeie gesin behoort te doen. Hierdie gids kyk na die ryk betekenis van die onderlinge verhoudings tussen God en sy kinders en sy kinders onderling.

INHOUD

Die volgende temas kom aan die orde:

1. Ons Stanboom.

2. Huisgesin van God

3. ’n Geloofsgemeenskap

4. ’n Liefdesgemeenskap

5. ’n Omgeegemeenskap

6. ’n Gebedsgemeenskap

7. ’n Vredesgemeenskap

8. ’n Dienende gemeenskap

SKRYWER

Ds. Chris Harris is predikant van die NG Gemeente Potgietersrus-Suid. Hy is al dertien jaar in die bediening. Hy behaal groot sukses om die lidmate van sy gemeente by groepbybelstudie betrokke te kry. Hierdie gids is die tweede een uit sy pen wat in hierdie reeks verskyn.