Description
SUBTITEL: Vrouemartelaars in die Middeleeue
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 112
OPSOMMING: Bloedbruide van Christus 2 is ’n welkome en noodsaaklike opvolgskrywe ná die eerste boek met dieselfde titel.
Jaap Durand se boek is nie bloot beriggewende vertellings wat rapporteer oor die lyding van vroue eeue gelede nie. Die skrywer bly nie ongeraak, ’n afstandelike waarnemer nie. Hy skryf met ’n dringendheid, intense betrokkenheid en passie. Hier is ’n skrywer aan die woord wat diep geraak is deur die gebeure wat verhaal word, en die leser kan nie anders as om aan die hart gegryp te word nie.
Wanneer ’n mens hierdie verhale lees, hoor jy wat die teoloog Dorothee Sölle noem “die skreeu van die gemarteldes”. En dit verwys nie net na hoorbare uitroepe van pyn en lyding nie, maar ook na ’n roep wat oor die eeue heen kom – die roep na geregtigheid en liefde, die verlange dat Christus se navolgers waardige getuies sal bly en dat daar met deernis opgetree sal word teenoor hulle wat verskillend glo of dink.
Iets van dié roep word hoorbaar gemaak in Jaap Durand en Verena Schoeman se boek.
INHOUD:
Voorwoord deur Danie du Toit
Inleiding
1. Martelaarskap en die Christelike geloof
2. Vrouemartelaars in die Middeleeue
3. Die Spaanse Inkwisisie
4. Die Spaanse Inkwisisie en die Hervorming
5. Kerklike Hervorming en Christen-martelaarskap
6. Martelaarskap in die Nederlande
7. Frankryk, land van die oorspronklike Hervormers: die Waldense
8. Frankryk en die Hugenote
9. Twee vroulike folteraars: ’n profiel
Epiloog
SKRYWER: Jaap Durand is al op baie maniere vir sy lewenswerk en publikasies gehuldig. Sy agtergrond in teologie en filosofie, tesame met sy diep omgee vir mense en hulle geloofsvrae, het hom in staat gestel om hierdie boek met soveel deernis en insig te skryf. Verena Schoeman het by hom aangesluit om ’n vrou se aanslag en insig te voeg by die verhale van gelowige vroue wat getroue getuies vir Christus geword het.