Bitter+soet

Sale!

R90.00

Bitter+soet vertel die verhaal van Mietha Klaaste wat op die plaas Langverwacht, in die omgewing van Robertson  grootgeword het, soos oorvertel deur Niël Stemmet. Die verhaal vat ons terug na daar waar Mietha se ma, Sarah, Oumies en Oubaas se huis skoonmaak en haar pa die voorman op die plaas is. Oumies en Oubaas se oudste seun, Johan, trou met sy nooi Susan en kort voor lank
maak klein Daniël sy verskyning. Mietha word uit die skool gehaal om na hom om te sien – en daarmee begin ’n hegte verbintenis wat oor jare heen sou strek. Die lief en leed van Mietha en Daniël word op kleurryke wyse vertel, met gedigte, rympies en liedjies toegelig, terwyl vergange dae se lekker resepte deel daarvan uitmaak. Die verhaal gee ’n kykie terug, maar ook vorentoe waar die toekoms met hoop gevul is. Met meer as 60 resepte wat wissel van vetkoek, hoenderpastei, snoektert en tamatiebredie tot melktert en sagopoeding is hierdie ’n boek vir lekkerlees maar ook vir byderhand hou in die kombuis.

SKU: 9780798169448 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: ‘n erfeniskosboek

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 336

BESKRYWING: Bitter+soet vertel die verhaal van Mietha Klaaste wat op die plaas Langverwacht, in die omgewing van Robertson  grootgeword het, soos oorvertel deur Niël Stemmet. Die verhaal vat ons terug na daar waar Mietha se ma, Sarah, Oumies en Oubaas se huis skoonmaak en haar pa die voorman op die plaas is. Oumies en Oubaas se oudste seun, Johan, trou met sy nooi Susan en kort voor lank
maak klein Daniël sy verskyning. Mietha word uit die skool gehaal om na hom om te sien – en daarmee begin ’n hegte verbintenis wat oor jare heen sou strek. Die lief en leed van Mietha en Daniël word op kleurryke wyse vertel, met gedigte, rympies en liedjies toegelig, terwyl vergange dae se lekker resepte deel daarvan uitmaak. Die verhaal gee ’n kykie terug, maar ook vorentoe waar die toekoms met hoop gevul is. Met meer as 60 resepte wat wissel van vetkoek, hoenderpastei, snoektert en tamatiebredie tot melktert en sagopoeding is hierdie ’n boek vir lekkerlees maar ook vir byderhand hou in die kombuis.

SKRYWER
Niël Stemmet is ’n kosskrywer, fotojoernalis, wynplaasen restaurantkonsultant en binnenshuise versierder. Hy is reeds meer as 25 jaar betrokke in die restauranten gasvryheidsindustrie. Daarnaas is hy ’n storieverteller by uitstek en skryf graag oor erfeniskos, ’n onderwerp wat hom na aan die hart lê en waaroor hy gereeld vir tydskrifte skryf.

UITGEWER: Human & Rousseau