Description
SUBTITEL: Meer as 160 pret-aktiwiteite
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 160
OPSOMMING: Die Bielie Bybelpretboek 4 is perfek vir liefhebbers van blokraaie en ander woordspeletjies. Dit is ’n prettige manier om meer van die Bybel te leer en ook om jou kennis van die Bybel te toets. Die Bielie Bybelpretboek 4 is nie net vir individue bedoel nie – dit kan selfs in kleingroepe of Sondagskoolklasse gebruik word. Dit sal ure se genot verskaf. Die Bielie Bybelpretboek 4 bevat meer as 160 aktiwiteite met onder meer: woordsoeke, koderaaie, blokraaie en sudoku’s.
SKRYWER: Marius Greeff is ’n teoloog. Marius het in 1984 opleiding in die joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang en skryf gereeld artikels vir LiG, die gewilde Afrikaanse Christelike gesinstydskrif. Sy liefde vir woorde lei ook daartoe dat hy sedert 1998 verskillende woordraaisels vir verskillende tydskrifte saamstel.