Description
SUBTITEL: Ontdek die waarde van ’n kragtige gebedslewe. Reis vir sewe weke saam deur Jesus se Ons Vader-gebed
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 80
OPSOMMING: Gebed is gelowiges se naelstringverbinding, hulle tweerigting-lewenskoord na die Here hulle God.
En waar kan daar beter na geheimenisse en diep waarhede oor gebed gesoek word as in die modelgebed van alle tye? Die beste plek om te begin is by Jesus Christus self, daar waar Hy vir sy dissipels – en vir ons – die Ons Vader leer bid het.
bid-vreugde sal jou help om jou gebedsverhouding met Jesus Christus deur die Ons Vader te verryk en te versterk. Hierdie boek bevat diep waarhede, ryk teologie en praktiese riglyne wat jou sal bemagtig én bemoedig om met die Here te gesels. Dit is ’n reis wat jy as ’n belegging in jou gebedslewe kan beskou.
bid-vreugde is ook as ’n digitale produk beskikbaar. Besoek missio.org.za vir meer inligting.
INHOUDSOPGAWE:
ʼn Woord vooraf: Agtergrond, wat die boek bied, en hoe om die boek te gebruik
Week 1: Die voorportaal van die Ons Vader (Luk 11:1)
Week 2: Die gebed wat die wêreld omspan (Kol 3:17)
Week 3: Die eerste bede: Laat u Naam geheilig word (Matt 6:9)
Week 4: Die tweede bede: Laat u koninkryk kom (Matt 6:10)
Week 5: Die derde bede: Laat u wil ook op die aarde geskied (Matt 6:10; 26:39)
Week 6: Die vierde, vyfde en sesde bedes en die epiloog (Matt 6:11-13)
Week 7: Gebede behoort aan die Here (Matt 6:1)
SKRYWER: Dave Viljoen is predikant by NG gemeente Kenridge.