Betsie, Meneer Tier en die blou maan

R185.00

Betsie se lewe is fantasties. Haar pa is ’n roomysmaker en maak die lekkerste roomys op aarde in elke geur waaraan jy kan dink. Haar ma is ’n meermin wat in die see bly en gereeld kom kuier. Maar Betsie het twee drome: Sy wens dat Meneer Tier se sirkus haar eiland sal kom besoek en sy droom oor roomys wat van towerbessies gemaak word en wat drome laat waar word …

En dan daag Meneer Tier en sy Goebelgop sirkusakrobate op, en saam met ’n padda onder ’n towerspel, ’n eensame reus en Mamma en Pappa vertrek hulle op ’n sprokiesagtige avontuur: om die maan blou te kleur en towerbessies te soek. As hulle dit kan regkry, kan hulle ’n baie belangrike wens laat waar word …

’n Fabelagtige verhaal deur meesterstorieverteller Sally Gardner en pragtig geïllustreer deur Nick Maland se gedetailleerde prente. Gardner se verbeeldingryke beelde en liefde vir woorde vul elke bladsy met eksentrieke karakters, towerkrag en dapperheid – alles waarvoor ’n verbeeldingryke kind kan wens.

SKU: 9780799391121 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 184

OPSOMMING: Betsie se lewe is fantasties. Haar pa is ’n roomysmaker en maak die lekkerste roomys op aarde in elke geur waaraan jy kan dink. Haar ma is ’n meermin wat in die see bly en gereeld kom kuier. Maar Betsie het twee drome: Sy wens dat Meneer Tier se sirkus haar eiland sal kom besoek en sy droom oor roomys wat van towerbessies gemaak word en wat drome laat waar word …

En dan daag Meneer Tier en sy Goebelgop sirkusakrobate op, en saam met ’n padda onder ’n towerspel, ’n eensame reus en Mamma en Pappa vertrek hulle op ’n sprokiesagtige avontuur: om die maan blou te kleur en towerbessies te soek. As hulle dit kan regkry, kan hulle ’n baie belangrike wens laat waar word …

’n Fabelagtige verhaal deur meesterstorieverteller Sally Gardner en pragtig geïllustreer deur Nick Maland se gedetailleerde prente. Gardner se verbeeldingryke beelde en liefde vir woorde vul elke bladsy met eksentrieke karakters, towerkrag en dapperheid – alles waarvoor ’n verbeeldingryke kind kan wens.

SKRYWER: Sally Gardner is ’n bekroonde Britse kinderboekskrywer en illustreerder wat al beide die gesogte Carnegie Medalje en die Costa Kinderboektoekenning gewen het. Haar boeke is al in 22 tale vertaal en in die VK alleen het sy al 1.5 miljoen boeke verkoop. Haar eie stryd met disleksie (sy het eers op 14 leer lees) spoor haar aan om NUword te skep – ’n organisasie vir bewusmaking en positiewe diskoers oor disleksie.

ILLUSTREERDER: Nick Maland het eers ’n teaterloopbaan nagejaag voordat hy voltyds as illustreerder begin werk het. Hy het al verskeie pryse gewen, insluitende die V&A Illustreerderstoekenning en die Booktrust Vroeë Jare-toekenning. Hy bly in Engeland en Frankryk.