Description
SUBTITEL: Verrassende veelkleurige fasette van geloof (Bely en lewe)
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 112
UITGEWER:
OPSOMMING: Hierdie gespreksgids is ontwerp vir volwassenes wat vir kategese aanmeld, óf om belydenis van geloof af te lê óf bloot ter wille van geloofsgroei. Daarom gee ons hier op ’n praktiese manier, met die hulp van gespreksgeleenthede en selfstudies, ’n oorsig van die gereformeerde teologie.
Die uitgangspunt van hierdie gespreksgids is dat Christen-wees oor verhoudings gaan. Daar is veral vyf belangrike verhoudings waarin ons as gelowiges elke dag leef: ons verhouding met God, ons verhouding met onsself, ons verhouding met die breë kerkverband, ons verhouding met ons gemeente, en ons verhouding met ons omgewing. In hierdie boek fokus ons op verskillende aspekte binne elk van dié verhoudings.
Die uitgangspunt van hierdie gespreksgids is die wete dat God ons uitstuur om ’n verskil in die wêreld te gaan maak. Tydens die Algemene Sinode in 2013 is ’n beleidsdokument aanvaar wat vir ons as kerk rigting en nuwe moontlikhede vir die toekoms gee. Hierdie beleidsdokument is verwerk in die Gestuur: Kerk-wees tussen gister en môre. Gestuur en die boek Bely en Lewe 2: Kategeseboek vir volwassenes vorm saam die vertrekpunt van hierdie gespreksgids.
Belydenis van geloof bevat vyf gespreksgeleenthede wat dien as ʼn inleiding tot elke onderwerp. Ná elke gespreksgeleentheid is daar ses selfstudies wat die leser begelei om verder oor die onderwerp na te dink.
Vir volwassenes wat belydenis van geloof wil aflê, is hoofstuk 6 – “Só glo en bely ek” – ingesluit. Tydens hierdie gespreksgeleentheid word die vrae wat tydens belydenisaflegging gevra en beantwoord word, uiteengesit en bespreek.
INHOUD
Inleiding
1. Fokus op God
Gespreksgeleentheid
Dag 1: Drie en tog een
Dag 2: God, ons liefdevolle Vader
Dag 3: Die Seun as Verlosser, Oorwinnaar en Heerser
Dag 4: Die Heilige Gees as Gewer
Dag 5: Die Verbondsgod
Dag 6: Die Bybel as Woord van God
2. Fokus op myself
Gespreksgeleentheid
Dag 1: Sonde
Dag 2: Geloofsekerheid
Dag 3: Geloofsvorming
Dag 4: Die amp van die gelowige
Dag 5:’n Toegewyde lewe
Dag 6: Geloofsgewoontes
3. Fokus op die kerk
Gespreksgeleentheid
Dag 1: Die doop
Dag 2: Die nagmaal
Dag 3: Hoe lyk die kerk?
Dag 4: Kerk-wees is gestuur-wees
Dag 5: Die waardes van kerk-wees
Dag 6: Die eenheid van die kerk
4. Fokus op die gemeente
Gespreksgeleentheid
Dag 1: Lewe van ’n gemeente
Dag 2: ’n Missionale gemeente
Dag 3: ’n Diensbare gemeente
Dag 4: Onderskeiding en luister
Dag 5: Gemeenskap van gelowiges
Dag 6: Missionale erediens
5. Fokus op die omgewing
Gespreksgeleentheid
Dag 1: Inkarnasie leefstyl
Dag 2: Selfprysgawe
Dag 3: Waar ons leef en werk
Dag 4: Ons publieke getuienis
Dag 5: Ekologie
Dag 6: Ekumene
6. Só glo en bely ek
Gespreksgeleentheid
Bylaes
Die tien gebooie
Die Apostoliese Geloofsbelydenis
Die Ons Vader
Gestuur – die manifes
SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.