As Jesus in jou lewe instap

R50.00

In As Jesus in jou lewe instap bied Jaco Thom elf ontmoetings met Jesus uit die Johannes-evangelie in ’n eietydse toeganklike Bybelstudie. Die leser bestudeer verskillende mense se interaksie met Jesus en sien hoe Hy mens verander as Hy in jou lewe instap.

Klik hier vir resensie

Description

SUBTITEL: Ontmoetings met Jesus in die Johannes-evangelie

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 47

INHOUD

1. As Jesus in jou lewe instap … laat Hy jou opkyk na die kruis
Jesus en Nikodemus (Joh 3:1-21)

2. As Jesus in jou lewe instap … word jy nooit weer dors nie
Jesus en die Samaritaanse vrou (Joh 4:1-30, 39-42)

3. As Jesus in jou lewe instap … dring Hy Hom nie aan jou op nie
Jesus en die verlamde man by Betesda (Joh 5:1-17)

4. As Jesus in jou lewe instap … herstel Hy jou menswaardigheid
Jesus en die vrou wat op owerspel betrap is (Joh 8:1-11)

5. As Jesus in jou lewe instap … kan jy nie neutraal bly nie
Jesus en die blindgebore man (Joh 9:1-12, 24-41)

6. As Jesus in jou lewe instap … wyk selfs die dood
Jesus by Marta en Maria (Joh 11:1-7, 17-28, 32-44)

7. As Jesus in jou lewe instap … leer jy wat diensbaarheid beteken
Jesus en sy dissipels (Joh 13:1-17)

8. As Jesus in jou lewe instap … verander alles
Jesus en Maria Magdalena (Joh 20:1-18)

9. As Jesus in jou lewe instap … stuur Hy jou uit met ’n opdrag
Jesus en die dissipels (Joh 20:19-25)

10. As Jesus in jou lewe instap … val jy neer in aanbidding
Jesus en Tomas (Joh 20:24-31)

11. As Jesus in jou lewe instap … gee Hy jou ’n kans om reg te maak wat jy verbrou het
Jesus en Petrus (Joh 21:1-22)

SKRYWER

Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente. Hy is getroud met Elmien, ’n orrelis en musiekonderwyser. Hulle het drie dogters. Jaco het al verskeie Bybelstudieboeke die lig laat sien, en skryf veral Bybelse romans.