Description
SUBTITEL:
FORMAAT:
AANTAL BLADSYE: 176
OPSOMMING: Waaraan hou jy vas wanneer die lewe se storms woed? Elke Christen het ankers nodig, dit wat ons vashou aan God en wat keer dat ons lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom ken die donker kant van die lewe. Sy moes self leer dat as dit voel of alles uitmekaarval, slegs jou geloof jou kan deurdra. In hierdie openhartige boek vertel Nadine van valse ankers wat ons in die steek laat, maar sy wys ook op dié ankers waaraan elkeen van ons met vertroue kan vashou.
OUTEUR
Nadine Blom is ‘n sanger, toegelate prokureur, Afrikaanse ambassadeur van die Dagbreek Trust en ma van hoërskoolseun Adriaan, saam met wie sy Blits geskryf het. Sy is ook ’n kenner op die gebied van mensehandel en lewer gereeld praatjies oor hierdie onderwerp. Haar lewensfilosofie is: “Moenie uitstel nie, doen dit nou!” Sy woon in Melkbosstrand.