Anderkant twyfel

R220.00

Johann Voges is bekend vir sy eerlike en onopgesmukte skryfwerk. Hy noem dit kreukelgedagtes – dis juis nie mooi glad gestryk nie. Daarmee trek hy die leser in sy eie worsteling (“onklaarkomstigheid”) in om antwoorde te vind op moeilike lewensvrae, vrae oor lyding en dood, oor God se skynbare afwesigheid en onsigbaarheid, oor twyfel en geloof, oor hoop en die lewe self.

Hoe kom ons anderkant twyfel? Dat God en God se handelinge met ons in misterie gehul is en ons dit nie maklik met ons koppe ontrafel kry nie, is waar. Maar dit nooi ons juis ook uit om met verwondering die Groot Misterie binne te tree. En om dan sonder finale antwoorde tog te ervaar dat God ons in ons twyfel tegemoet kom en vashou, dat Hy nie net daar anderkant, ver verwyderd is nie, maar hier duskant, teenwoordig, naby ons, is. Johann se “skryfsels” is deurleef; dit verwoord worstelinge wat hy aan eie lyf ervaar het.

Anderkant twyfel – kreukelgedagtes oor lewe en dood is bedoel vir die ontwrigtende tyd waarin ons tans leef.

Description

SUBTITEL: Kreukelgedagtes oor lewe en dood

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 184

OPSOMMING: Johann Voges is bekend vir sy eerlike en onopgesmukte skryfwerk. Hy noem dit kreukelgedagtes – dis juis nie mooi glad gestryk nie. Daarmee trek hy die leser in sy eie worsteling (“onklaarkomstigheid”) in om antwoorde te vind op moeilike lewensvrae, vrae oor lyding en dood, oor God se skynbare afwesigheid en onsigbaarheid, oor twyfel en geloof, oor hoop en die lewe self.