Description
FORMAAT: 3 DVD’s en 1 CD
OPSOMMING: Die verhale op hierdie DVD’s word met kleurvolle poppekarakters uitgebeeld. Die teks en aanbieding is eietyds en relevant vir kinders se leefwêreld. Elke verhaaltjie is uniek en beeld ’n kernwaarde of karakterles vir die kyker uit. Aan die einde van elke storie is daar ’n lekker opgewekte splinternuwe liedjie wat die boodskap van die verhaal op ’n ritmiese saamsing-manier opsom. Hierdie DVD’s help ouers om op ’n genotvolle en vermaaklike manier aan kinders se karakter te bou. Die CD se 27 liedjies help die kind om deur middel van musiek Bybelwaardes te ontdek.