Description
SUBTITEL: Op reis deur Handelige
FORMAAT: Boek
BLADSYE: 86
OPSOMMING: Gaan saam op reis deur die boek Handelinge, en ontdek op die voetspoor van die vroeë kerk hoe God sy kerk – dit is óns – vandag nog in hierdie wêreld lei en gebruik. (Her)ontdek só jou roeping as ’n agent van God se Gees – om Jesus se verlossingsboodskap uit te dra en die wêreld ten goede te verander. In hierdie 12 studies lei Jaco Thom kleingroepe om te gesels oor hoe die Gees ons toerus en ons sy agente maak om die verlossingsboodskap van Jesus uit te dra en die hele wêreld ten goede te verander.
Gaan saam op hierdie opwindende reis deur Handelinge en (her)ontdek jou roeping as ’n agent van God se Gees hier op aarde.
INHOUD
Die onderwerpe van hierdie studies sluit onder meer in
· een familie van God
· mededeelsaamheid
· omgee vir mekaar
· getuienis waar ons ook al is
· God se ingrype
UITGEWER: Bybel-Media
SKRYWER
Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente. Hy is getroud met Elmien, ’n orrelis en musiekonderwyser. Hulle het drie dogters. Jaco het al verskeie Bybelstudieboeke die lig laat sien, en skryf verder veral Bybelse romans