Description
SUBTITEL: Om nuut te glo (en leef) op een lyn met die Geloof van eeue
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 84
OPSOMMING: In die Apostoliese Geloofsbelydenis bely ons heel persóónlik maar ook sáám met ander gelowiges – én gelowiges deur die eeue heen – weer en weer ons vertroue in die lewende, drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees.
Hierdie boek is ingedeel volgens die driedeling van Vader, Seun en Heilige Gees (die kerk en wat daarop volg vorm dan alles deel van die belydenis oor die Heilige Gees). In elk van hierdie drie afdelings is daar verdere onderverdelings. Die verhelderende opmerkings by elke dag fokus op drie vrae:
1. Waar kom hierdie belydenis vandaan?
2. Hoe is hierdie belydenis deur die eeue heen verstaan?
3. Wat is die betekenis van die belydenis vir vandag?
Daar word dus gevra na die oorspronklike
• konteks van die belydenis;
• hoe dit intussen verstaan is, en
• die moontlike betekenis daarvan vir vandag.
INHOUD
Voorwoord
Die Apostoliese Geloofsbelydenis
Inleiding
Hoe om dié boek te gebruik
Vir groepsgebruik
Week 1: Ek glo in God, die Vader, Seun en Heilige Gees
Afdeling 1: Ek glo in God
Week 2: Ek glo in God die Vader, die Almagtige
Week 3: God as Skepper van die hemel en die aarde
Afdeling 2: Ek glo in Jesus Christus
Week 4: Ek glo in Jesus Christus
Week 5: Ek glo in Jesus Christus se lyding
Afdeling 3: Ek glo in die Heilige Gees
Week 6: Die Gees werk deur ons
Week 7: Ek bely een doop
Bylae 1: Die Apostoliese Geloofsbelydenis
Bylae 2: Die apostoliese geloof
Endnotas
Bibliografie
GEBRUIKSMOONTLIKHEDE: Hierdie gespreksgids is opgestel om op verskillende manier en in verskillende omgewings gebruik te word.
VIR PERSOONLIKE NADENKE TYDENS STILTETYD: Daar word telkens ’n Bybelgedeelte of aanhaling gegee wat aansluit by die aspek vandie belydenis waarop gefokus word. Daarna volg ’n paar verhelderende opmerkings en ’n nadink-sin as afsluiting.
VIR DIE KATEGESE EN BYBELSKOOL: Die boek kan ook sinvol gebruik word om sewe weke lank met ’n finalejaar-kategeseklas indringend na die belydenis te kyk.
VIR LEESKRINGE: Gemeenteleiers kan kleiner leeskringe in die gemeente aanmoedig om aan die hand van hierdie handleiding saam oor die geloofsbelydenis te : gesels.
VIR GROEPSGESPREK: Die gespreksgids gebruik die Luistersiklus se bewegings – Lees, Luister en Leef. Dit kan daarom goed in groepverband gebruik word om dieper oor die geloofsbelydenis te praat.
SKRWYER
Die Algemene Sinode van die NG Kerk het in 2007 versoek dat ’n eietydse interpretasie van die Apostoliese Geloofsbelydenis gedoen moet word. Teen dié agtergrond het Danie Malan (sameroeper), Ben du Toit (skriba), Robert Vosloo en Coenie Burger in 2009 vir die eerste keer in Stellenbosch bymekaargekom om hieraan te werk. Hierdie span is later met kundiges vanuit die NG Kerkfamilie uitgebrei. Die teks van die saamreisgids is deur Siegfried Louw verwerk.