Description
SUBTITEL: God se mense vir nuwe werklikhede
FORMAAT: Boek
BLADSYE: 218
OPSOMMING: Wat het van ons geestelike leiers geword? In ’n wêreld waar die leierskultuur gekenmerk word deur bemarkingspotensiaal, charisma, selfverheerliking en die belofte van selfverbetering, bied geestelike leierskap ons ’n prent van ’n ander wêreld – een waarin integriteit, spiritualiteit, kreatiwiteit, verbeelding, beginsels en waardes noodsaaklik is. Dít het ons wêreld juis nodig.
Maar hoe lyk ‘n geestelike leier?
Is daar ’n verskil tussen leierskap en geestelike leierskap?
In Christenleiers word nagenoeg twintig eienskappe van geestelike leierskap deur verskeie kenners ontgin. Geestelike leiers is nie beter as ander mense nie, maar weet onwrikbaar dat God in sy groot onverklaarbare genade sy hand op hulle skouers kom plaas het. Vanuit hierdie unieke eienskap wat by geestelike leiers voorkom, word gefokus op die sentrale temas wat vandag nodig is in die mondering van elke geestelike leier.
Christenleiers is ’n boek wat elkeen wat deur God geroep word om ’n geestelike leiersrol te vervul sal help om God se mense na plekke te neem waar hulle nog nie was nie – die nuwe uitdagings en werklikhede van ons dag.
INHOUD
1. WAT HET VAN ONS GEESTELIKE LEIERS GEWORD?
Hulle is belangrik, want hulle skep ’n ruimte waarbinne gemeenskappe en individue floreer
– Braam Hanekom
2. IS DAAR ’N VERSKIL TUSSEN LEIERSKAP EN GEESTELIKE LEIERSKAP?
Geestelike leiers weet onwrikbaar dat God sy hand op hulle skouer gesit het
– Braam Hanekom
3. GEESTELIKE LEIERS WORD VOORBEREI EN GEROEP
Hulle word eerstens geroep om te luister en dan om te dien
– Pieter van Niekerk
4. GEESTELIKE LEIERS WORD GEDRYF DEUR LIEFDE
Hulle plaas ’n buitengewoon hoë premie op verhoudings
– Leon Foot
5. GEESTELIKE LEIERS VERSTAAN DIE BELANG VAN HEILIGMAKING
Hulle het ’n nuwe posisie in Jesus Christus
– Johan van Schalkwyk
6. GEESTELIKE LEIERS WORD GESEËN MET ’N VISIE
Hulle het ’n passie vir die nood van die wêreld en laat ontluik hulle gawes
– Elize Morkel en Michelle Boonzaaier
7. GEESTELIKE LEIERS KAN DIE WERKLIKHEID DEFINIEER
Hulle sien dinge in perspektief en verstaan die werklike nood van die wêreld
– De la Harpe le Roux
8. GEESTELIKE LEIERS IS KONSEKWENT VOETEWASSERS
Hulle hanteer mag anders en hulle koester diens
– Nelus Niemandt
9. GEESTELIKE LEIERS LEEF UIT EN MET GENADE
Hulle leef met deernis en sensitiwiteit
– Leon Foot
10. GEESTELIKE LEIERS VERSTAAN WAAR HULLE KRAG VANDAAN KOM
Hulle is verbruikers van genade, maar geleiers van krag!
– Stephan Joubert
11. GEESTELIKE LEIERS WANDEL MET GOD
Hulle sien God raak waar ander nie kan nie
– Ronél Meylahn
12. GEESTELIKE LEIERS BID
Hulle verstaan die krag en dinamika van gebed
– Chris Jones
13. GEESTELIKE LEIERS SOEK OM MENSE BY ELKE GELEENTHEID TE BEMAGTIG
Hulle is voortdurend besig om ander leiers op te lei en voel nie bedreig nie
– De la Harpe le Roux
14. GEESTELIKE LEIERS KOESTER HULLE INTEGRITEIT
– Pieter van Niekerk
15. GEESTELIKE LEIERS SORG VIR SABBATSTYD
Hulle verstaan hoe belangrik en heilig hulle liggaam is
– Jannie le Roux
16. GEESTELIKE LEIERS LEI VERGADERINGS OP ’N BESONDERSE MANIER
Hulle skep geestelike ruimtes waar mense anders praat en dink
– Frederick Marais
17. GEESTELIKE LEIERS VERSTAAN DIE BELANG VAN GOEIE BESTUUR
Hulle is verantwoordelik en verantwoordbaar
– Arnold Smit
18. GEESTELIKE LEIERS DINK STRATEGIES
Hulle is skerp soos slange én opreg soos duiwe
– Jannie le Roux
19. GEESTELIKE LEIERS KAN VERANDERING BESTUUR
Hulle verstaan die kompleksiteit en reëls van veranderingsbestuur en is gewillig om die uitdaging te aanvaar
– Nelus Niemandt
20. GEESTELIKE LEIERS IS VREDEMAKERS EN BRUGBOUERS
Hulle bestuur konflik en diversiteit
– Ronél Meylahn
UITGEWER: Bybel-Media
SKRYWERS
Dr Jannie le Roux is predikant van die NG gemeente Gordonsbaai. Op sinodale vlak is hy betrokke by predikantebediening en het ’n passie vir leierskapontwikkeling en die versorging van predikante en ander geestelike leiers. Hy is ’n ervare skrywer van talle geestelike boeke.
Dr Braam Hanekom is leraar van die NG gemeente Stellenberg en baie nou betrokke by leierskapsontwikkeling en gemeente-ontwikkeling op sinodale vlak. Hy is tans die moderator van die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland van die NG Kerk. Hy is die skrywer van verskeie boeke oor leierskap.