2 Korintiërs

R150.00

Die brief wat ons as 2 Korintiërs ken, is ʼn intieme kykie op hoe verhoudings tussen mense as gevolg van misverstande en mis­plaaste verwagtings kan skeefloop. Die gemeente in Korinte het gedink Paulus het hulle nie lief nie omdat hy nie by hulle geld wou neem vir sy lewensonderhoud nie. Paulus wou hulle egter leer om nie op eer en posisie ingestel te wees nie. Hy wou hê die gemeente moes hom as ʼn vader erken.  Vir Paulus was die insameling vir die gemeente in Jerusalem ook baie be­langrik. Omdat hy nie van die gemeente in Korinte lewensonderhoud wou ont­vang nie, het hierdie insameling die Korintiërs egter agterdogtig gemaak. Is dít hoe Paulus vir homself sorg?

SKU: 9780864879134 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Nié die einde van die storie nie. Paulus se verhouding met die Korintiërs op dun ys. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 168

OPSOMMING: Die brief wat ons as 2 Korintiërs ken, is ʼn intieme kykie op hoe verhoudings tussen mense as gevolg van misverstande en mis­plaaste verwagtings kan skeefloop. Die gemeente in Korinte het gedink Paulus het hulle nie lief nie omdat hy nie by hulle geld wou neem vir sy lewensonderhoud nie. Paulus wou hulle egter leer om nie op eer en posisie ingestel te wees nie. Hy wou hê die gemeente moes hom as ʼn vader erken.  Vir Paulus was die insameling vir die gemeente in Jerusalem ook baie be­langrik. Omdat hy nie van die gemeente in Korinte lewensonderhoud wou ont­vang nie, het hierdie insameling die Korintiërs egter agterdogtig gemaak. Is dít hoe Paulus vir homself sorg?

Teen hierdie agtergrond sien ons ʼn menslike Paulus wat foute maak en ʼn menslike gemeente wat alles vanuit hulle hoek sien en ver­staan.   Gelukkig sien ons ook die genadige God wat ten spyte van sy dienaars se broosheid en sy gemeentes se kortsigtigheid in genade en liefde met hulle op pad gaan.

INHOUD
Die samestelling van 2 Korintiërs
Inleiding
1. Lof aan God (2 Kor 1:1-11)
2. Respek vir mekaar eer God (2 Kor 1:12 – 2:2)
3. Wat God sou doen (2 Kor 2:3-11)
4. ’n Saak van lewe en dood (2 Kor 2:12-16; 7:5-7)
5. Die brief van Christus (2 Kor 2:17 – 3:6)
6. Die spieëlbeeld van God (2 Kor 3:7-18)
7. In pas met genade? (2 Kor 4:1-6)
8. Lof in lyding (2 Kor 4:7-15)
9. Ewige nou (2 Kor 4:16 – 5:10)
10. ’n Nuwe skepping (2 Kor 5:11-21)
11. Wees anders! (2 Kor 6:1 – 7:4)
12. Soos God dit wil hê (2 Kor 2:12-13; 7:5-16)
13. Hoekom ons gee (2 Kor 8:1-15)
14. Tot eer van God (2 Kor 8:16 – 9:5)
15. Weerkaats God se goedheid (2 Kor 9:6-15)
16. Spog in die Here! (2 Kor 10:1-18)
17. Ten spyte van ’n fout (2 Kor 11:1-15)
18. Lof ook in moeilike omstandighede (2 Kor 11:16-33)
19. Genade is genoeg (2 Kor 12:1-10)
20. Genade trek nie ’n streep nie (2 Kor 12:11-21)
21. Swak en sterk tegelyk (2 Kor 13:1-13)

SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.