Description
SUBTITEL: Wat om te doen wanneer jy verlei word.
FORMAAT: Boek
OPSOMMING: In hierdie Bybelstudie deur die gewilde topskrywer Beth Moore ondersoek sy waarom en hoe toegewyde volgelinge van Christus in Satan se strikke beland en verlei word om sedelik uit te rafel. Beth skryf met ’n passie wat aangevuur word deur die Bybel se ernstige waarskuwings teen die duiwel se verleiding. Sy skryf as ’n bekommerde Bybelonderwyser wat tallose briewe ontvang van berouvolle Christene wat verlei is, en nou kruppel-kruppel op pad is na genesing en vernuwing. Hierdie interaktiewe Bybelstudie bied ses volle weke se daaglikse studie, nuttige raad, tydige waarskuwings kort opdragte en praktiese toepassings. Die boek is bedoel vir alle gelowiges, omdat die duiwel ons almal in sy visier het …
INHOUD
Voorwoord
Inleiding
Week 1
DIE WAARSKUWING
Week 2
DIE HERE SE TOESTEMMENDE WIL
Week 3
DIE WAGTER
Week 4
WORD WYS!
Week 5
DIE PAD HUIS TOE
Week 6
VEILIG IN SY ARMS
Lys verwysings
Só word ’n mens ’n Christen
GEESTELIKE-GROEI-STUDIEPLAN
SKRYWER
Beth Moore is ‘n Amerikaanse evangelis, skrywer en Bybelonderwyser wat die Living Proof Ministries gestig het om leiding te gee aan mense wat hulle lewe op Christelike beginsels wil bou. Sy bereik mense nie net deur haar talle gewilde boeke nie, maar ook deur radio- en TV-programme, die internet, DVD’s en naweek-konferensies waar intensiewe Bybelstudie gedoen word. Moore het ‘n graad in politieke wetenskap van Southwest Texas State University en die Howard Payne University het haar werk met ‘n eredoktorsgraad bekroon. Sy is getroud met Keith Moore en die egpaar het twee volwasse dogters.