Goeie Christene kan uitrafel

R131.09

Dat God se mense op ’n subtiele maar baie doelgerigte manier deur Satan verlei word en dan lelik uitrafel, is ’n storie so oud soos die tuin van Eden, en tog is ons elke keer verbaas wanneer dit gebeur. Daarom is dit noodsaaklik dat Christene herinner moet word dat ons vyand, die duiwel, steeds rondloop soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. En goeie Christene is juis sy gunstelingprooi. So skryf Beth Moore in hierdie Bybelstudie vir almal wat deur Satan versoek word, en vir almal wat Verleides in hierdie krisis wil bystaan.

SKU: 9780796310613 Category:

Description

SUBTITEL: Wat om te doen wanneer jy verlei word.

FORMAAT: Boek

OPSOMMING: In hierdie Bybelstudie deur die gewilde topskrywer Beth Moore ondersoek sy waarom en hoe toegewyde volgelinge van Christus in Satan se strikke beland en verlei word om sedelik uit te rafel. Beth skryf met ’n passie wat aangevuur word deur die Bybel se ernstige waarskuwings teen die duiwel se verleiding. Sy skryf as ’n bekommerde Bybelonderwyser wat tallose briewe ontvang van berouvolle Christene wat verlei is, en nou kruppel-kruppel op pad is na genesing en vernuwing. Hierdie interaktiewe Bybelstudie bied ses volle weke se daaglikse studie, nuttige raad, tydige waarskuwings kort opdragte en praktiese toepassings. Die boek is bedoel vir alle gelowiges, omdat die duiwel ons almal in sy visier het …

INHOUD

Voorwoord

Inleiding

Week 1
DIE WAARSKUWING

Week 2
DIE HERE SE TOESTEMMENDE WIL

Week 3
DIE WAGTER

Week 4
WORD WYS!

Week 5
DIE PAD HUIS TOE

Week 6
VEILIG IN SY ARMS

Lys verwysings

Só word ’n mens ’n Christen

GEESTELIKE-GROEI-STUDIEPLAN

SKRYWER

Beth Moore is ‘n Amerikaanse evangelis, skrywer en Bybelonderwyser wat die Living Proof Ministries gestig het om leiding te gee aan mense wat hulle lewe op Christelike beginsels wil bou. Sy bereik mense nie net deur haar talle gewilde boeke nie, maar ook deur radio- en TV-programme, die internet, DVD’s en naweek-konferensies waar intensiewe Bybelstudie gedoen word. Moore het ‘n graad in politieke wetenskap van Southwest Texas State University en die Howard Payne University het haar werk met ‘n eredoktorsgraad bekroon. Sy is getroud met Keith Moore en die egpaar het twee volwasse dogters.