101 Goggagrappe

R40.00

Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Die boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag.

Ander boeke soos die:
– 101 Sportgrappe
– 101 Vakansiegrappe
– 101 Spookgrappe

SKU: 9780799393927 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 24

OPSOMMING: Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Die boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag.

Ander boeke soos die:
– 101 Sportgrappe
– 101 Vakansiegrappe
– 101 Spookgrappe

SKRYWER: Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 140 boeke vir tieners, kinders en kleuters – van snaakse prenteboeke wat jou tone laat omkrul van pret tot heerlike grillers wat gewaarborg is om jou hoendervleis te gee!

Talle van Jaco se boeke, soos Suurlemoen!, ’n Goeie dag vir boomklim, My ouma is ’n rock-ster en Perfek, is topverkopers, en twee van sy jeugromans is verfilm. Meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop en hy spog met talle bekronings, waaronder die Alba Bouwerprys, die CP Hoogenhoutmedalje, die Rapport/kykNET-prys en 24 ATKV-Kinderboektoekennings. In 2018 word twee van sy boeke wêreldwyd deur Oneworld Publications in Engels uitgegee: A Good Day for Climbing Trees en A Good Night for Shooting Zombies. In dieselfde jaar is hy die medewenner in die kinderboekkategorie van die Suid-Afrikaanse letterkundetoekennings (SALA). Jaco is ook in 2018 benoem vir die beroemde Britse Carnegie-medalje.

Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetel-luislang.