1001 Grappe

R230.00

Wat is klein en rooi en kan dadelik vir jou sê wat 578 x 346 is?
’n Tamatie met ’n sakrekenaar.

Wat is bruin en harig en maak op volmaannagte “pie-pô-pie-pô”?
’n Brandweerwolf.

Wat is deurskynend en ruik soos wortels?
’n Hasie-burp.

Wat het gebeur met die seesiek lemoen?
Hy’t ’n naartjie geword.

Wat is die toppunt van stadig?
As jy ’n uur vat om tweeminuut-noedels gaar te maak.

Lus om die jongklomp te laat lag? Hierdie lawwe versameling met 1 001 grappe sal kinders ure lank laat skaterlag. Daar is blondinegrappe, skoolgrappe, grillerige grappe, gloeilampgrappe, lawwe rympies, snaakse sêgoed, kopkrappers en olifant-grappe. Ure se pret gewaarborg!

SKU: 9780799373981 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 192

OPSOMMING: Wat is klein en rooi en kan dadelik vir jou sê wat 578 x 346 is?
’n Tamatie met ’n sakrekenaar.

Wat is bruin en harig en maak op volmaannagte “pie-pô-pie-pô”?
’n Brandweerwolf.

Wat is deurskynend en ruik soos wortels?
’n Hasie-burp.

Wat het gebeur met die seesiek lemoen?
Hy’t ’n naartjie geword.

Wat is die toppunt van stadig?
As jy ’n uur vat om tweeminuut-noedels gaar te maak.

Lus om die jongklomp te laat lag? Hierdie lawwe versameling met 1 001 grappe sal kinders ure lank laat skaterlag. Daar is blondinegrappe, skoolgrappe, grillerige grappe, gloeilampgrappe, lawwe rympies, snaakse sêgoed, kopkrappers en olifant-grappe. Ure se pret gewaarborg!

SKRYWER: Met topverkopertitels soos My ouma is ’n rock-ster, Superheroes vlieg net saans en Wiskunde gee my maagpyn agter sy naam, is dit g’n wonder nie dat Jaco Jacobs een van die gewildste, veelsydigste en mees bekroonde kinderboekskrywers in Afrikaans is. Sy boeke vir jong lesers is propvol aweregse humor, gruwelike grilgoed en wilde avonture. Jaco het reeds meer as 100 boeke die lig laat sien, en meer as 650 000 kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Afgesien van kinderboeke, skryf hy ook rubrieke, tydskrifartikels, ’n kinderboekblog, en hy het reeds meer as 250 boeke in Afrikaans vertaal. Jaco het in die Karoo grootgeword, maar woon deesdae in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, hul dogtertjies, Mia en Emma, en drie honde, Pippie, Binki en Otto. Sy grappieboek Monstergrappe het reeds ’n indrukwekkende sewe drukoplae beleef.

ILLUSTREERDER: Alistair is ’n vryskut-illustreerder wat hou van musiek maak, lees, en mal is oor tekenprente. Sy werk sluit die gewilde Agent Snoet-reeks, Sonja Serfontein en die groot kaas, Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo, en Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die seerower van Watsenaam in.