1000 Nuttige Woorde

R170.00

Hierdie prettige, kleurvolle woordeboek is ideaal om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter. Met volop selfstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde is daar ook allerlei opwindende onderwerpe: van wilde diere, beroepe en storietyd tot plaaslewe en kleure, vorms en getalle. Daar is volop dinge om te sien op elke bladsy en vyf eenvoudige, maklik leesbare stories stel nog meer woorde aan die kind bekend en help om vroeg reeds skryfvaardighede te ontwikkel.

Hierdie boek is geskep in samewerking met ’n vooraanstaande opvoedkundige konsultant, Penny Coltman, en is geskik vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer.

Die boek bevat ook heelwat besprekingspunte om taalontwikkeling aan te moedig, en die duidelik gemerkte prente bevorder lees- en skryfvaardighede.

SKU: 9780799391817 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Ontwikkel woordeskat en geletterdheidsvaardighede

FORMAAT: Hardeband Boek

AANTAL BLADSYE: 64

OPSOMMING: Hierdie prettige, kleurvolle woordeboek is ideaal om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter. Met volop selfstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde is daar ook allerlei opwindende onderwerpe: van wilde diere, beroepe en storietyd tot plaaslewe en kleure, vorms en getalle. Daar is volop dinge om te sien op elke bladsy en vyf eenvoudige, maklik leesbare stories stel nog meer woorde aan die kind bekend en help om vroeg reeds skryfvaardighede te ontwikkel.

Hierdie boek is geskep in samewerking met ’n vooraanstaande opvoedkundige konsultant, Penny Coltman, en is geskik vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer.

Die boek bevat ook heelwat besprekingspunte om taalontwikkeling aan te moedig, en die duidelik gemerkte prente bevorder lees- en skryfvaardighede.

SKRYWER: Dorling Kindersley is ’n markleier op die gebied van niefiksie vir kinders, en hierdie toeganklike boek met sy lewendige, maklik verstaanbare teks en helder prente is nog ’n wenner uit die DK-stal, nou beskikbaar in Afrikaans.